trekker-druiwetrap2
slange
2012_0817nuwe0063
hanli en andre
pikanini bord
daniel
volstruisplaas
Lente en Karroolus
pluk-druiwe
beroepe

Pikanini Uiltjies besoek die biblioteek op Vredendal

LEES is lekker! Die klein Uiltjies het heerlik gelees en in boekies rondgeblaai by die Biblioteek.

Days of the dinosaur

Nouveau het na die CTICC gegaan om na die Days of the Dinosaur uitstalling te gaan kyk! Wat ‘n ongelooflike ervaring!

Karroolus en Lente kom kuier vir ons

O, maar dit was weereens ‘n heerlike bederf! Dankie oom Karroolus en Lente dat julle vir ons kom kuier het. Die kinders,groot en klein, het dit vreeslik geniet! Baie dankie aan al die maatjies wat ‘n geldjie vir die muntlegging vir Radio Namakwaland gebring het. Lente, julle kan maar enigetyd weer kom, ons sing te [...]

Baie dankie vir een en almal wat die sportdag bygewoon het.

Nouveau sê BAIE dankie aan al die skole,onderwysers,ouers,leerders en toeskouers wat ons sportdag bygewoon het. Dit was ‘n heerlike, sportbelaaide dag met fantastiese geesdrif! Ons is baie trots op ons spanne wat met hart en siel gespeel het. Nogmaals baie dankie aan ons hoofborg,Spectra tust en alle ander borge wat hierdie dag moontlik gemaak het…

Nouveau gaan Google

‘n Google instrukteer het ons skool kom besoek om die leerders en personeel opleiding kom gee oor Google applikasies. Ons gaan dit tydens onderrig gebruik.

Welkom by Nouveau Kollege

Cobus Coetzee is vanaf die begin van die tweede kwartaal aangestel as nuwe hoof by Nouveau Kollege en Marelie Coetzee is aangestel as sekretaresse. Ons wil hulle hiermee hartlik verwelkom en hoop dat hulle wonderlike jare by Nouveau sal hê.

Madeliefie makietie se program

Sien jou daar! Dit gaan ‘n onvergeetlike makietie wees!