top of page

Nasorg

Nasorg word by Nouveau Kollege se skoolterrein aangebied, en daar is geen koste daaraan verbonde nie.
Elke leerder van 3 jaar tot Graad 7 is welkom.

Dit begin om 13H30 tot 17h00. Nasorg word deur die skool se personeel behartig en die onderwysers word by spesifieke Grade ingedeel om hulp te verleen met huiswerk en ander take. Hier bied dit ook die geleentheid vir ekstra vaslegging van begrippe en nuwe werk.

Daar is omtrent 100 leerders wat gebruik maak van die Nasorgfassiliteit.

Alle skoolreëls word steeds nagekom tydens Nasorg.

Skakel die sekretaresse by Nouveau Kollege vir meer inligting - Tel.​  027 470 0117 

bottom of page