
Welkom by Nouveau Kollege
Excelsius
Nouveau Kollege is 'n Afrikaanse, Christelike, onafhanklike privaatskool wat leerders van 2-6 jaar by die Pikanini Kampus, asook Graad 1 tot 7, akkommodeer.
Die skool bied klein klasse aan om individuele aandag te verseker, wat bydra tot die hoë akademiese standaarde wat gehandhaaf word. Elke leerder word voorsien van die nodige gereedskap om hul drome te verwesenlik.
Nouveau Kollege is ook aktief betrokke by kuns- en kultuuraktiwiteite soos Eisteddfod, Koor en Musiek, en bied sportsoorte soos atletiek, netbal, rugby en mini-krieket aan. Dit is 'n skool waar elke leerder die geleentheid kry om te skitter en hul volle potensiaal te bereik.
Die skool is waardegedrewe en die onderwysers lewer onderrig van die hoogste gehalte, wat 'n omvattende en gebalanseerde opvoeding verseker.
Ons doel is om ‘n uitstekende en toepaslike, volronde opleiding volgens Christelike norme te verskaf, waardeur alle leerders deeglik voorberei sal word vir die hoërskool en wat hulle in staat sal stel om ‘n dienende en leidende rol in in enige gemeenskap te kan speel.
Die skool verbind hom tot:
-
Erkenning en ontwikkeling van elke leerder se individualiteit en potensiaal.
-
Verskaffing van ‘n stimulerende akademiese program wat fokus op leerprosesse, dieper denke en die ontwikkeling van lewenslange studiemetodes.
-
Die skepping van ‘n beskermde omgewing waar die kind selfdissipline, inisiatief, gewaarwording en begrip vir andere asook ‘n gebalanseerde selfbeeld kan ontwikkel.



Christenskap
NOUVEAU KOLLEGE :
'n Waardegedrewe skool
Pligsgetrouheid
Lojaliteit
Uitnemendheid
Verantwoordelikheid
Omgee
Betroubaarheid
Regverdigheid
Skoolure:
Maandae tot Vrydae
07:30 - 13:35
Nasorg: (Maandae tot Donderdae)
14:00 - 17:00
Adres:
R362, Karoovlak
Vredendal
8160
E-pos:
Skoolhoof : hoof@nkollege.co.za
Administrasie: admin@nkollege.co.za
Sport: sport@nkollege.co.za
Telefoon no.:
027 470 0117
