
Eksamen Inligting.
(Mag van kwartaal tot kwartaal verskil. Hou nuusbriewe en WhatsApp groepe dop in dié verband):
1. VRAESTELLE
-
Gr 3 en 6 skryf jaarliks sistemiese toetse in die volgende vakke: Afrikaans, Engels en Wiskunde. Dit is vraestelle wat deur die WKOD verskaf en behartig word en is verpligtend om te skryf.
-
Gr 4 -7 skryf interne vraestelle wat deur hul vakonderwysers opgestel word.
2. AFBAKENING
-
Gr 4 - 7 ontvang afbakenings (harde kopie en via WhatsApp groepe) soos deur die vakonderwysers voorsien.
3. DUUR VAN EKSAMEN
-
Gr 1-3 doen interne assessering
-
Gr 4-7 (Duur van eksamenvraestelle verskil van vak tot vak)
4. AFWESIGHEDE
-
Deeglike kontrole van bywoning sal tydens die eksamentydperk geskied. Die skryf van die eindjaareksamen is verpligtend ten einde vir u kind om aan departementele promosievereistes te voldoen.
-
Daar kan geen uitstel vir laatkommers tydens die eksamensessie gegee word nie.
-
Indien u kind siek is moet hy/sy ‘n doktersbrief inhandig.
5. ALTERNATIEWE ASSESSERING
-
Geskied vir alle leerlinge met departementele toestemming.
-
Ekstra tyd, voorlees van vraestelle asook ander vergunnings sal geskied volgens departementele aanbeveling.
6. VERLORE HANDBOEKE
-
Enige verlore/uitstaande/beskadigde handboek sal deur u as ouer vereffen moet word teen die huidige vervangingswaarde. Handboeke word ingeneem die dag wanneer die betrokke vak geskryf word.
7. DAGPROGRAM TYDENS DIE EKSAMEN
-
07:30 Skool begin
-
08:00 Eerste Eksamensessie: Vraestelle word tydens hierdie sessie afgelê.
-
10:00 Eerste Pouse
-
10:30 Tweede sessie: Voorbereiding vir volgende eksamen. Onderwysers sal beskikbaar wees om weer ‘n oorsig te hanteer, sodat elke leerder presies weet wat om voor te brei vir die volgende dag se vak.
-
12:00 Tweede Pouse
-
12:15 Derde sessie. Leerders sorg dat hulle alle boeke en studiemateriaal inpak vir die voorbereiding van die volgende vak.
-
12:30 Verdaag
8. ALGEMENE EKSAMENREËLINGS
-
Leerders het normale skool totdat die eksamen in aanvang neem. Hersiening en sillabuswerk word steeds daagliks gedoen. Ons doen ‘n beroep op ouers om toe te sien dat hul kinders by die skool is en toegewyd sal werk.
-
Alle leerders skryf in hul voogklasse onder toesig van hul voogonderwysers.
-
Ouers moet seker maak dat leerlinge alle skryfbehoeftes het wat hulle mag nodig kry. Geen items mag onderling uitgeleen word nie:
-
Blou pen (Graad 7)
-
Potlood en skerpmaker
-
Liniaal
-
Uitveër
-
Ander benodigdhede soos deur die vak voorgeskryf
-
Normale skoolreëls geld tydens die eksamentydperk. Leerlinge moet te alle tye reg geklee wees en die normale gedragskode geld.
-
Leerlinge ontvang rapporte die dag as die skool sluit.
-
Ons versoek ouers om met hul kinders te gesels oor die gevolge van oneerlikheid tydens die aflê van eksamens. Sulke gevalle word as BAIE ernstig gesien en as sulks hanteer.
-
BAIE STERKTE!! KYK GERUS NA AL DIE STUDIEWENKE OP DIE VOLGENDE BLAD!
Skoolure:
Maandae tot Vrydae
07:30 - 13:35
Nasorg: (Maandae tot Donderdae)
14:00 - 17:00
Adres:
R362, Karoovlak
Vredendal
8160
E-pos:
Skoolhoof : hoof@nkollege.co.za
Administrasie: admin@nkollege.co.za
Sport: sport@nkollege.co.za
Telefoon no.:
027 470 0117
