
Personeel.

Skoolhoof
Mnr. PJ Esterhuyse
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Vakke:
Verjaarsdag :
Belville (Wes-Kaap)
Paul Roos Gimnasium (1976)
Wiskunde(Gr.4) ; Visuele Kuns(Gr.4 & 5)
4 September
Mnr. Esterhuyse het aan Paul Roos Gimnasium gematrikuleer en het hom as onderwyser en kerkorrelis bekwaam aan Wellingtonse Onderwyserskollege en die Rand se Afrikaanse Universiteit. Mnr. Esterhuyse was vroeër verbonde aan Laerskool Table View, Laerskool Aggeneys en was vir 25 jaar die skoolhoof van Laerskool Klawer. Laasgenoemde pos het hy beklee tot en met sy aftrede in 2021. Hy het egter weer die onderwys op 1 Januarie 2023 betree as skoolhoof van Nouveau Kollege, ‘n pos wat hy tot op hede vul. Hy is ‘n kultuurmens wat al op streek en nasionale vlak erkenning hiervoor ontvang het. Dit is dus vanselfsprekend dat hy ‘n stigterslid van Klawer Kunste, Weskus, Kring 5, se eie eisteddfod is. Hy het die leisels in hierdie verband oorgegee, na 18 jaar, maar is steeds aktief betrokke by die aanbieding van hierdie jaarlikse eisteddfod. Tans doseer hy Wiskunde en Skeppende Kuns aan Nouveau Kollege en leef sy liefde vir musiek as kerkorrelis aan die NGK, Vredendal uit.

Sekretaresse
Me. R Cloete
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag:
Upington (Noord-Kaap)
Hoёrskool Vredenburg (1993)
30 Desember
Me. Cloete het matrikuleer aan Hoërskool Vredenburg en is reeds 8 jaar verbonde aan Nouveau Kollege. Sy is die eerste gesig wat besoekers welkom heet wanneer hulle die skool besoek. Die vriendelike dame staan altyd gereed om ouers en leerders se navrae te beantwoord en reëlings te tref, vir die vlot verloop van algemene skoolsake. Ons is bly dat sy in ons span is, want haar ervaring is ‘n groot aanwins en haar veelsydigheid is prysenswaardig. Benewens haar vaardigheid om vinnig op navrae te reageer, is sy ook betrokke by sportafrigting. Haar betrokkenheid in hierdie verband is ook ‘n riem onder die hart en stawend van haar ywer en lojaliteit jeens Nouveau Kollege.

Grondslagfase hoof
Graad 1
Me. N Louw
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag :
Strand (Wes-Kaap)
Hoёrskool Strand (1991)
15 April
Juffrou Nettie en Nouveau Kollege is sinoniem. Sy het as grondslagfase onderwyser aan die destydse OKB (Wellington) kwalifiseer en in 1998 aangesluit by Nouveau Kollege as die eerste Graad 1 en 2 onderwyser (multi-graad klas). Sy is tans die Graad 1-onderwyser. Haar ervaring, veelsydigheid en omgee hart maak van haar ‘n groot aanwins vir Nouveau Kollege. Sy is altyd deel van die skool se oplossings en kan op haar voete dink. Ons is bly dat sy in ons span is, want haar lag is aansteeklik en sy is ‘n voorvatter op vele terreine van die skool sy projekte en aksies. Nouveau Kollege en die leerders van die skool is haar passie, en sy strewe om die kleintjies reeds vanaf die begin van hul skoolloopbaan lief te maak vir hul klaskamers, sport en kultuur.

Intermediêr- en Seniorfase Hoof
Graad 7
Me. M Weideman
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Vakke:
Verjaarsdag :
Vredenburg (Wes-Kaap)
Hoёrskool Vredenburg (1999)
English FAL (Gr.6) ; Wiskunde (Gr. 5,6) ; NWT(Gr. 5) ; NW(Gr. 7)
18 Augustus
Juffrou Mari het matrikuleer aan Hoërskool Vredenburg en het haar kwalifikasies, in o.a. B.Sc., aan die universiteit van Stellenbosch behaal. Sy is reeds 18 jaar deel van die personeel van Nouveau Kollege en tree tans op as registeronderwyser vir GRAAD 7. Tydens dié tydperk speel sy ‘n prominente rol in die akademie en sport van die skool. Vele opvoedkundige toere en buitelug opvoeding-projekte is, deur haar toedoen, vir die leerders van die skool aangebied. Haar liefde vir sport verseker dat sy geen klip onaangeraak laat om geleenthede vir die ontwikkeling van die leerders te skep nie en sy het ook ‘n prominente rol in die ontstaan van Robotika by Nouveau Kollege gespeel. Vandag word Robotika vir alle leerders vanaf Graad R tot 7 amptelik aangebied. Ons is bly dat sy deel is van ons span, omdat sy op haar voete kan dink en oplossings kan vind.

Pikanini Kampus Hoof
Graad RR (Pikkewyntjie Klas)
Me. L Rossouw
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag :
Vredenburg (Wes-Kaap)
Hoёrskool Piketberg
14 Februarie
Juffrou Pikkie, van die Pikkewyntjies, se geduld, vooruit dink en liefde vír kinders maak van haar ‘n rolmodel vir die kleintjies by Pikanini Kampus. Hierbenewens het sy ‘n groot liefde vir sport en is altyd betrokke by die fisiese aktiwiteite van die kleintjies en ander spanne van die skool. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy weet watter rol Pikanini Kampus moet vervul - haar passie is noemenswaardig.

Graad RRR
Bytjie Klas
Me. J Warne
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag :
Vredendal (Wes-Kaap)
Vredendal Sekondêre Skool (1996)
22 Januarie
Juffrou Jolene, van die Bytjies, hanteer die 2 tot 4-jariges by die Pikanini Kampus. Sy is een van die eerste opgeleide MommaMia-praktisyns in die onderwys distrik. Hierdie terapeutiese program is ontwerp om kinders 2 tot 4 jaar se ontwikkeling op ‘n pret belaaide en gerigte manier aan te spreek. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is vriendelik en laat reg geskied aan elke kleintjie se ontwikkeling deur die toepassing van die MommaMia-program. Sy slaag daarin om elke Bytjie te ontwikkel deur kind-spesifieke take en te verseker dat die ontwikkelingsbehoeftes van elke kind aangespreek word. Juffrou Jolene maak Nouveau Kollege trots met hierdie baanbrekerswerk.

Graad R
Krimpvarkie klas
Me. Alicia Vogel
Geboortedorp :
Skool (matriekjaar) :
Verjaarsdag :
Ellisras (Limpopo)
Hoёrskool Ellisras (2015)
13 Mei
Juffrou Alicia, van die Krimpvarkies, is in 2025 by Nouveau Kollege aangestel as Graad R-praktisyn. Sy het aan Hoërskool Ellisras matrikuleer en daarna haar B. Ed (Grondslagfase) aan NWU (Potchefstroom) behaal. Pikanini Kampus baat by hierdie kreatiewe en gefokusde kollega. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy weet watter rol Pikanini Kampus moet vervul - haar passie en energie is aansteeklik.

Graad 2
Me. J Stemmet
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag:
Heilbron (Vrystaat)
Afrikaanse Hoёrskool Sasolburg (2009)
25 Junie
Juffrou Johanita is die Graad 2-onderwyseres. Nadat sy haar graad 12 aan Afrikaanse Hoërskool, Sasolburg in 2009 behaal het, het sy haar B. Ed-graad (Grondslagfase) aan NWU (Vaal Kampus) behaal. Sy is ‘n belangrike skakel in elke Nouveauer se grondslagfase. Hierdie ervare, raakvat personeellid is betrokke by sport en kultuur aktiwiteite van Nouveau Kollege. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is kreatief, het ‘n oog vir die fynere dinge van die lewe en kan konsekwent optree teenoor die leerders.

Graad 3
Me. S Christopher
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Verjaarsdag:
Worcester (Wes-Kaap)
Hoёrskool Swartland (2012)
22 Maart
Juffrou Sanél is die Graad 3-onderwyser. Sy het aan Hoërskool Swartland matrikuleer en deur UNISA haar B. Ed-graad (Grondslagfase) behaal. Die saggeaarde juffrou is die graad 3’s se heldin en beskik oor die vermoë om gou leerderbehoeftes raak te sien en die nodige ondersteuning te bied. Sy is ook betrokke by sportafrigting en sorg dat leerders slaggereed is vir die Intermediêre fase. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is kreatief en stel haar leerders altyd eerste.

Graad 4
Me. M Archer
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Vakke:
Verjaarsdag:
Rustenburg (Noordwes)
Hoёrskool Rustenburg (2006)
Afrikaans (Gr. 4,5) ; NWT (Gr.4) ;
SW (Gr. 4,5) ; PSW (Gr.4,5)
28 Junie
Juffrou Marilize is die Graad 4-registeronderwyser en is hoofsaaklik betrokke by graad 4 en 5 onderrig. Haar saggeaardheid en geduld laat menige graad 4-leerder gemaklik aanpas in die Intermediêre Fase. Benewens die akademie, is sy betrokke by o.a. sport, kultuur en logistieke reëlings van die skool. Haar sin vir verantwoordelikheid en vriendelikheid maak van haar ‘n staatmaker personeellid. Me. Archer het haar matriek aan Hoërskool Rustenburg verwerf en daar haarself as onderwyser bekwaam deur UNISA. Haar kwalifikasie stel haar ook in staat om alle grade vanaf graad 4 tot 9 te onderrig. Ons is bly dat sy in ons span is, want sy is altyd bereid om die spreekwoordelike ekstra myl te loop vir die skool en die leerders.

Graad 5
Me. R Lesch
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Vakke:
Verjaarsdag:
Randfontein (Gauteng)
Hoёrskool Riebeeckrand (1997)
Enlish FAL(Gr.4,5,7) ; Afrikaans HT (Gr.7); SW (Gr. 6) ; Visuele Kuns (Gr. 6,7)
5 Januarie
Juffrou Ronél is ‘n bekende in die onderwys kringe en is een van die nuwe toetreders in 2024 aan Nouveau Kollege. Sy het aan Hoërskool Riebeeckrand matrikuleer en haar bekwaam as onderwyser aan Potchefstroom Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys. Sy spog met ‘n B. Prim Ed. (Honneurs) en het later in haar loopbaan ook ‘n kwalifikasie in Onderwysbestuur bekom. Sy is tans die registeronderwyser van Graad 5, maar speel ‘n leidende rol in die aanbieding van Afrikaans en Engels as vakke van Nouveau Kollege se kurrikulum, asook die ontwikkeling van Skeppende Kuns. Haar kennis van die kurrikulum in die algemeen is prysenswaardig en dit is te verstane dat vakadviseurs van haar gebruik gemaak het as leieronderwyser by verskeie opleidingsessies van onderwysers. Ons is bly dat sy deel is van ons span, omdat sy krisisse flink kan oplos, asook haar kundigheid en vermoë om fokus te behou. Sy laat ons lekker lag!

Graad 6
Me. S van Huyssteen
Geboortedorp:
Skool (matriekjaar):
Vakke:
Verjaarsdag:
Rustenburg (Noordwes)
Hoёrskool Koster (2013)
Afrikaans HT (Gr.6) ; Wiskunde (Gr.7) ; NWT (Gr.6) ; Tegnologie (Gr.7) ; SW (Gr.7) ; EBW (Gr.7) ; PSW (Gr.6)
6 Julie
Juffrou Suné tree tans op as registeronderwyser vir GRAAD 6. Sy het aan Hoërskool Koster matrikuleer en daarna o.a. ‘n B.Sc.-graad aan die Noordwes Universiteit van Potchefstroom behaal. Sy is sedert 2023 verbonde aan Nouveau Kollege en lewer uitstaande werk. Haar kennis en ywer vir die vak Wiskunde is aansteeklik en sy tree dus ook op as vakhoof van Wiskunde. Fotografie is ‘n ander liefde van haar. Dit is dus vanselfsprekend dat sy gereeld optree as fotograaf by verskeie funksies en byeenkomste van Nouveau Kollege. Hierbenewens beskik sy oor sterk administratiewe en rekordhouding vaardighede. Ons is bly dat sy deel van ons span is, omdat sy die humor in situasies kan waardeer en haar perfekte administrasie.
Skoolure:
Maandae tot Vrydae
07:30 - 13:35
Nasorg: (Maandae tot Donderdae)
14:00 - 17:00
Adres:
R362, Karoovlak
Vredendal
8160
E-pos:
Skoolhoof : hoof@nkollege.co.za
Administrasie: admin@nkollege.co.za
Sport: sport@nkollege.co.za
Telefoon no.:
027 470 0117
