top of page

Wat maak Nouveau Uniek.

Aan die voet van die Maskamberge wat die horison omraam

lê ‘n skool wat elke hart aanraak.

Nouveau Kollege, ‘n plek van groei, trots en ywer

waar elke kind sy/haar drome kan behaal.

Wingerde omring die skool met groen,

‘n Prentjie van vrede en hoop.

Onderwysers met liefde en sorg,

lei elke kind op hul lewenspad.

Die onderwysers, so bekwaam en vol sorg,

Leer nie net van somme, lees en skryf

maar gee ook hul hart

want hul roeping is hul vreugde en trots!

Die leerders, ware “Nouveauers” in hul wese

met talente wat blom in sport, akademie en kuns.

Met ‘n leuse van “steeds hoër”

streef hul na nuwe hoogtes.

Nouveau Kollege,

Waar elke kind se potensiaal ontgin word.

'n Skool waar vreugde en passie saamsmelt

en elke leerder 'n belowende toekoms tegemoet gaan.

Nouveau Kollege,

'n baken van hoop en lig.

‘n Geheim wat ons bewaar.

Dit is ‘n fees om ‘n Nouveauer te wees!

Skoolure:

Maandae tot Vrydae
07:30 - 13:35

Nasorg:
(Maandae tot Donderdae)
14:00 - 17:00

Adres:

R362, Karoovlak
Vredendal
8160

E-pos:

Skoolhoof : hoof@nkollege.co.za
Administrasie: admin@nkollege.co.za
Sport: sport@nkollege.co.za

Telefoon no.:

027 470 0117

  • Facebook

© 2025 by Nouveau Kollege. Proudly created with IT24 Support

bottom of page